Gemaak vir Suid-Afrika. Gebou om te Hou.

Jy's nie hier vir prentjies nie – jy het 'n probleem wat opgelos moet word.

Dalk breek jou hekke elke paar maande. Dalk het jy beeste wat dink hulle kan vlieg. Of miskien wil jy net 'n braai setup hê wat jou buurman jaloers maak.

 

Welkom by Ratel: Ons maak staal produkte vir Suid-Afrikaners wat weet dat kwaliteit die eerste keer meer kos - maar die laaste keer minder. Van Karoo droogtes tot Highveld storms, ons produkte vat 'n pak slae en kom terug vir meer.

Geen marketing praatjies nie. Net produkte wat doen wat dit moet.

RATEL STAALWERKE

Die Ratel Verskil

Ons het hierdie besigheid begin omdat ons moeg was vir sweisers wat groot praat en klein werk.

  • Elke hek wat ons bou, elke las wat ons sweis– dis nie net 'n projek nie. Dis ons handtekening.
  • Ons kan nie help nie, ons is perfeksioniste. Jy sal dalk dink ons oordoen dit, maar as jy wil hê dit moet reg wees, moet hou, en moet werk soos dit moet – dan is ons jou mense.

ONS Reeks

Van koppige beeste tot n Saterdag braai - ons maak produkte wat jou lewe makliker maak.

RATEL STAALWERKE | BEES PANELE

VIR DIE BOER

Beespanele, lamhokke en veehanterings-produkte wat jou nie voor die bure sal verleë maak nie. Gebou taai want jou vee het definitief nie die "wees lieflik" handleiding gelees nie.

RATEL STAALWERKE | VEILIGHEID

Diefwering & Hekke

Beskerm jou goed met fatsoenlike diefwering en veiligheidshekke. Vir huise, plase, en besighede. 

Netjies afgewerk, presies gemeet, en mooi genoeg dat jou skoonma ook sê: “Sjoe, dis darem mooi werk.”

RATEL STAALWERKE | BRAAIERS

Braai Soos n Boss

Want niks sê "ek's gesofistikeerd" soos 'n custom braai-opstelling nie. Ons bou die soort braaiers wat jou bure verdag vriendelik maak.

RATEL STAALWERKE | GONGS, DUELING TREES

Ratel Staal Skote

Gongs, Dueling Trees, Skiet-tafels, wildsdraeërs & Jag Rakke, staal produkte wat jou nie teleurstel nie. Tensy jy 'n aaklige skut is – ons kan dit nie regmaak nie. Net jou toerusting.

RATEL STAALWERKE | MODELLE

Kontak Ons

Deur hierdie vorm in te dien, stem jy in dat ons jou kontak rakende jou navraag. Ons respekteer jou privaatheid en deel nooit jou inligting nie.

Location

Jacobsdal, Freestate

E-pos: admin@ratelstaalwerke.com
South Africa