Deposito betaalbaar met bevestiging van bestelling!
Die Ratel Reeks
By Ratel Staalwerke bou ons staal produkte wat hou. Nie die tipe wat blink vir twee maande en dan roes as jy net na hom kyk nie. Nee, ons praat van regte staal — die soort wat wind, reen, en ’n bees met ’n attitude kan vat.
Ons maak goed vir mense wat nie lus is om dieselfde ding twee keer te koop nie. Boere, jagters, braaimeesters, en gewone ouens wat hou van dinge wat wérk.
Kyk wat ons vir jou kan bou:

Vir Die Boer
Beespanele, lamhokke en veehanterings-produkte wat jou nie voor die bure sal verleë maak nie. Gebou taai want jou vee het definitief nie die "wees lieflik" handleiding gelees nie.

Diefwering & Veiligheidshekke
Beskerm jou goed met fatsoenlike diefwering en veiligheidshekke. Vir huise, plase, en besighede.
Netjies afgewerk, presies gemeet, en mooi genoeg dat jou skoonma ook sê: “Sjoe, dis darem mooi werk.”

Braai Soos n Boss
Want niks sê "ek's gesofistikeerd" soos 'n custom braai-opstelling nie. Ons bou die soort braaiers wat jou bure verdag vriendelik maak.

Ratel Staal Skote
Gongs, Dueling Trees, Skiet-tafels, wildsdraeërs & Jag Rakke, staal produkte wat jou nie teleurstel nie. Tensy jy 'n aaklige skut is – ons kan dit nie regmaak nie. Net jou toerusting.