Die Storie Agter Die Vonke

Jonk. Gedrewe. En Baie Ernstig Oor Kwaliteit.

Dit het begin met 'n gesprek en 'n frustrasie.

Ons het gehoor hoe boere kla oor hekke wat na een seisoen begin hang. Hoe mense bekommerd is oor "sekuriteit" wat nie eintlik beveilig nie. Hoe iemand weer moet betaal vir iets wat die eerste keer reg moes gewees het.

En ons het gedink: daar's 'n beter manier.

So ons het Ratel Staalwerke begin – nie om die grootste te wees nie, maar om die beste te wees in wat ons doen.

Klein span. Groot standaarde. Elke projek kry dieselfde obsessiewe aandag – of dit 'n plaashek is of 'n custom braaier. 

Ons bou ons reputasie, een projek op 'n slag.

ONS BENADERING

Hoekom is ons anders?

 

  • Kwaliteit Voor Kwantiteit - Ons neem nie meer werk aan as wat ons reg kan doen nie. Jou projek is nie 'n nommer nie.

  • Regte Materiaal, Regte Metodes - Geen short cuts nie. Ons gebruik staal wat gebou is vir Suid-Afrikaanse toestande.
  • Eerlike Kommunikasie - Ons sê wat dit gaan kos, hoe lank dit gaan vat, en wat jy kan verwag. Geen verrassings nie.
  • Jou Tyd - Klein besigheid beteken ons is vinniger, meer persoonlik, en ons antwoord werklik die foon.

 

Ons Bou Verhoudings, Nie Net Projekte Nie - Ons wil hê jy moet ons aanbeveel. Daarom gaan ons die ekstra myl.

RATEL STAALWERKE | ONS BENADERING

Ons Proses

  1. Kontak Ons
  2. Bespreek Jou Behoeftes
  3. Kry 'n Kwotasie
  4. Ons Bou Dit
  5. Installasie/Aflewering
  6. Geniet Jou Produk

Die Waardes Wat Ons Dryf

✓ Kwaliteit
Eerlikheid 
Betroubaarheid 
Trots 

Aflewering en Versameling

Al ons produkte word by ons depot in Jacobsdal, Vrystaat versamel.

Klein items: Kan per koerier gestuur word
Groter items: Jy reël self vervoer (ons help met laai)

Ons sal die beste opsie met jou bespreek wanneer jy bestel.