KLEIN MAAR KWAAI

1:10 skaal, soliede staal, hierdie model implemente is groot genoeg om te beïndruk en swaar genoeg om te weet dit is die regte ding. Gemaak vir die groter kind wat al weet hoe plaas implemente werk, of die pa wat dit vir homself koop en voorgee dit is vir sy seun.

Van die sandput tot die vertoonkas - Ratel kwaliteit, net in die klein.

Klein Ratel

28 Skottel Disk 1/10

R 1800

  • 28 Skottels
  • Lente 72cm
  • Breedte 40cm
  • Hoogte 10cm
  • Materiaal: Staal

 

Jy ken die gevoel as 'n skottelploeg deur vars grond trek. Hierdie model vat jou terug daarheen, net sonder die diesel reuk. Elke skottel presies waar hy moet wees, elke wiel reg, presies soos die regte ding.


STROOIER RT450 1/10 

R 1600

  • Strooier 1:10
  • Lengte 53cm
  • Breedte 19cm
  • Hoogte 23cm
  • Materiaal: Staal

 

Die RT450 staan op sy eie rakkie en wen elke keer. Rubber wiele, skoon afwerking, en genoeg detail dat jou besoeker dit twee keer sal optel en bekyk voor hy dit neersit.


8 RY PLANTER RT08 1/10 

R 1800

  • Lengte 56cm
  • Breedte 73cm
  • Hoogte 36cm

 

Agt rye staan gereed. Die kind wat groot geword het tussen planters sal dit onmiddellik herken, en die ouer sal dit net so vinnig vir homself hou. Rubber wiele, presies afgewerk, en genoeg karakter om 'n gesprek te begin.