VIR DIE BOER
Jy't nie tyd vir goed wat breek wanneer daar werk is om te doen nie.
Ons maak staal produkte wat harder werk as jy – sodat jy kan ophou sweet, ophou vloek, en begin boer. Sterk genoeg vir die plaas se ergste dae en slim genoeg om jou lewe makliker te maak.
Produkte
Ratel Beeshek Panele
Ratel Beeshek Panele
3M x 1.6M Panele
Staal Wanddikte 2MM
50MM Pyp & 32MM Pyp
Moeg vir hekke wat draai, buig, en breek net wanneer jy hulle die meeste nodig het?
Ons Ratel Beeshekke is gebou uit sterk staal wat die Suid-Afrikaanse weer, harde werk, en lastige beeste kan vat. Robuuste konstruksie beteken minder onderhoud en meer tyd vir die werk wat werklik saak maak. Maklik om op te sit, sterk genoeg om jare te hou – presies wat jy nodig het.
Ratel Skaaphek Panele
Ratel Skaaphek Panele
Verskillende Panele Beskikbaar
20x20x16mm Square Tubing
20x16mm Pyp
Lig genoeg vir een man om te skuif, sterk genoeg vir ’n trop wat nie wag nie.
Ons maak skaaphekke in verskillende groottes – van lamkruip tot volkraalpanele.
Slim ontwerp, mooi afgewerk, en gebou om lank te hou.
3 Rigting Sorteerhek vir Skape
3 Rigting Sorteerhek vir Skape
Hou op sukkel om die regte skaap te kry – met hierdie slim ontwerp sorteer jy vinnig en gemaklik in drie rigtings.
Sterk staal, stewige handvatsels, en gladde werking maak dit die perfekte hulpmiddel vir enige skaapboer.
As jy ’n hek soek wat langer hou as jou buurman se verskonings…
Jy’s op die regte plek.